Cannes

Ville de Cannes

Cano / Canas
Stad
Uitsig oor Le Suquet, die historiese middestad van Cannes
Uitsig oor Le Suquet, die historiese middestad van Cannes
Wapen van Ville de Cannes
Wapen
Ville de Cannes is in Frankryk
Ville de Cannes
Ville de Cannes
Koördinate: 43°33′05″N 7°00′46″O / 43.55139°N 7.01278°O / 43.55139; 7.01278
LandVlag van Frankryk Frankryk
Gewes Provence-Alpes-Côte d'Azur
Département Alpes-Maritimes
ArrondissementGrasse
KantonCannes-Centre, Cannes-Est, Mandelieu-Cannes-Ouest
Stigting2de eeu v.C.
Regering
 • BurgemeesterDavid Lisnard
Oppervlak
 • Totaal19,62 km2 (7,58 vk. myl)
Hoogte
0–260 m (0–850 ft)
Bevolking
 • Totaal73 325
 • Digtheid3 740/km2 (9 700/vk. myl)
Poskode
06400, 06150
Skakelkodes06029
Webwerfcannes.com
Jagte in die Baie de Cannes, met 'n ultramoderne seiljag aan die regterkant

Cannes (Oksitaans-Provençaals Cano of Canas; Franse uitspraak: [kan], in die plaaslike dialek: [ˈkanə]) is 'n stad en munisipaliteit (commune) aan die Middellandse See in die suide van Frankryk. Die stad het sowat 73 000 inwoners wat in Frans Cannois genoem word en ressorteer onder die département Alpes-Maritimes (Suid-Frankryk). Dit lê aan die Côte d'Azur, die gewildste kusstreek van die land met talle vakansieoorde. Cannes staan veral bekend vir sy Internasionale Rolprentfees wat jaarliks in Mei plaasvind.[1]

Ander belangrike jaarlikse skoue en feeste sluit die Cannes Lions International Festival of Creativity, 'n vergadering van die internasionale advertensiebedryf; die musiekhandelskou MIDEM in Junie; die internasionale bootskou Yachting Festival Cannes (voorheen bekend as Festival International de la Plaisance) wat sedert 1977 jaarliks in September gehou word; die motorskou Salon d’Automobile en die fees van vuurwerkkuns Festival d’Art Pyrotechnique, wat 200 000 besoekers lok, in.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne