Chinon

Chinon
'n Uitsig oor Chinon en die kasteel Château Chinon
'n Uitsig oor Chinon en die kasteel Château Chinon
Wapen van Chinon
Wapen
Chinon is in Frankryk
Chinon
Chinon
Koördinate: 47°10′04″N 0°14′37″O / 47.16778°N 0.24361°O / 47.16778; 0.24361
LandVlag van Frankryk Frankryk
Gewes Centre
Département Indre-et-Loire
ArrondissementChinon
KantonChinon
Stigting6de eeu
Regering
 • BurgemeesterJean-Pierre Duvergne
Oppervlak
 • Totaal39,02 km2 (15,07 vk. myl)
Hoogte
27–112 m (89–367 ft)
Bevolking
 • Totaal7 986
 • Digtheid205/km2 (530/vk. myl)
Poskode
37500
Skakelkodes37072
Webwerfville-chinon.com

Chinon is 'n Franse stad in die département Indre-et-Loire van die administratiewe gewes (région) Centre met 'n oppervlak van 39 vierkante kilometer en 7 986 inwoners (2009). Chinon dien naas Loches as een van die onderprefekture van die département.

As deel van die historiese landskap Touraine, wat ook dikwels die "tuin van Frankryk" (Frans: le jardin de la France) genoem word, het Chinon die bynaam "blom van die tuin van Frankryk" (la fleur du jardin de la France) gekry.

Chinon, wat aan die oewers van die Vienne-rivier lê, staan daarnaas bekend vir die indrukwekkende bouvalle van sy kasteel en sy moderne kernkragsentrale met vier aktiewe hoëdrukreaktors en drie magnoxreaktors wat intussen buite werking gestel is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne