Christchurch

Christchurch
Ōtautahi
'n Lugfoto van Christchurch
'n Lugfoto van Christchurch
Bynaam: The Garden City
Ligging
Kaart van Nieu-Seeland
Kaart van Nieu-Seeland
Kaart van Nieu-Seeland wat die ligging van Canterbury Region aandui
Kaart van Nieu-Seeland wat die ligging van Canterbury Region aandui
Wapen
Basiese gegewens
Stigting: 1848
Stadstatus: 1856
Bevolking: 367 700 (Junie 2011)
Oppervlakte: 1 426 km²
Bevolkingsdigtheid: 260 inwoners/km²
Geografiese ligging: 43°31′S 172°37′O / 43.517°S 172.617°O / -43.517; 172.617
Tydsone: NSST (UTC+12)
Somertyd: UTC+13
Internet: www.ccc.govt.nz
Administratiewe verdeling
Staat: Nieu-Seeland
Administratiewe gewes: Canterbury
Burgemeester: Bob Parker

Christchurch [ˈkɹaɪsttʃɜːtʃ] (Māori: Ōtautahi) is die grootste stad op die Suideiland van Nieu-Seeland en die tweede grootste metropolitaanse gebied in die land. Die stad is in 'n vlakte, die Canterbury Plains, net noord van die Banks-skiereiland aan die ooskus van die Suideiland geleë (Banks-skiereiland is intussen in 2006 by die stadsgebied ingelyf).

Die Māorinaam van Christchurch - letterlik "die Plek van Tautahi" - is afgelei van 'n plaaslike stamhoof se tydelike woonplek langs die Avonrivier. Die Engelse naam is in 1848 deur die Canterbury Association aan die nuwe nedersetting gegee. Christchurch is volgens 'n roosterpatroon met kruisstrate rondom die Anglikaanse katedraal aangelê en word ten opsigte van sy argitektuur en atmosfeer nog steeds as die mees Engelse stad in Nieu-Seeland beskou. In 1856 was Christchurch die eerste nedersetting in Nieu-Seeland wat stadstatus gekry het.

Christchurch is vandag 'n groen stad wat ook uitgestrekte sandstrande behels, maar nogtans nie oor sy eie seehawe beskik nie. Hierdie funksie word deur Lyttelton Harbour vervul, 'n diep vulkaniese kraterbekkenhawe aan die Stille Oseaan. Christchurch word van Lyttelton deur die steil Porthills, 'n heuwelreeks waardeur twee tonnels gebou is, geskei.

Christchurch het 'n historiese betekenis gekry toe die Britse navorser Robert Falcon Scott vanuit hierdie stad na Antarktika vertrek het - sy laaste ekspedisie wat tragies sou eindig. Later het Christchurch se lughawe as laaste tussenstasie vir Amerikaanse navorsers op pad na hul permanente MacMurdo-basis in Antarktika gedien.

Cristchurch was een van die Nieu-Seelandse gasheerstede tydens die Rugbywêreldbeker 1987, Krieketwêreldbeker 1992, Rugbywêreldbeker 2011 en Krieketwêreldbeker 2015.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne