Cosworth

Cosworth
Tipe Privaatmaatskappy
Gestig Londen, 1958
Hoofkantoor Northampton, Engeland
SleutelpersoneHal Reisiger (HUB)[1]
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMotorvoertuig, motorrensport
ProdukteEnjins, Enjinbeheerelektronika
DiensteHoë-prestasie ingenieurswese, presisievervaardiging
EienaarGerald Forsythe
Kevin Kalkhoven
WebwerfCosworth.com

Cosworth is 'n hoë-prestasie ingenieursmaatskappy, gestig in Londen in 1958, wat spesialiseer in die verskaffing van enjins en elektronika vir die motorrensport asook die hoofstroommotorbedryf. Cosworth se werke is gebaseer in Northampton, Engeland, met Noord-Amerikaanse fasiliteite in Torrance, Indianapolis en Mooresville, Noord-Carolina.

Cosworth het reeds 176 oorwinnings behaal as enjinverskaffer in die Formule Eenkampioenskapsreeks, die tweede meeste na Ferrari.[2]

  1. "Cosworth's Hal Reisiger". Autoweek. 64 (7): 78. 17 Maart 2014.
  2. "Heritage & History" (in Engels). Cosworth. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2017. Besoek op 12 Julie 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne