Diereriem

’n Astronomiese klok met die diereriem op die Sint Markusplein in Venesië.
Die diereriem in ’n sinagoge in Israel (6de eeu).

Die diereriem (ook die sodiak genoem) is ’n sowat 20 grade breë, denkbeeldige gordel aan die hemelruim waarlangs die son, maan en planete oënskynlik beweeg.

Die sterrehemel draai elke dag van oos na wes om ’n vaste pool. Nes die son elke dag op dieselfde plek sit, so keer die sterre elke jaar terug na dieselfde plek aan die hemelruim. Van die oudste bekende sterrebeelde is die 12 van die diereriem. Aan hulle is ’n besondere betekenis geheg omdat hulle as't ware die agtergrond vorm waarteen die son, maan en planete oënskynlik beweeg.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne