Dierewelsyn

Animal welfare
'n Vier-weke-oue hondjie, langs 'n pad gevind na die vloede in Wes-Virginia, Amerika, word gevoer by 'n nood diereskuiling in die Twin Falls State Park.

Dierewelsyn is die welstand van diere in die algemeen. Die standaarde van "goeie" dierewelsyn wissel aansienlik in verskillende kontekste. Hierdie standaarde is onder konstante hersiening en word gedebatteer, geskep en hersien deur dierewelsynsgroepe, wetgewers en akademici wêreldwyd.[1][2] Dierewelsynswetenskap gebruik verskeie maatreëls, soos hoë ouderdom, siekte, immuunonderdrukking, gedrag, fisiologie, en voortplanting,[3] maar daar is 'n debat oor watter van hierdie aanwysers die beste inligting verskaf .

Kommer oor die welsyn van diere is dikwels gebaseer op die oortuiging dat nie-menslike diere ook gevoel het en dat oorweging gegee moet word aan hulle welstand en/of lyding, veral wanneer hulle in die sorg is van die mens.[4] Hierdie probleme sluit in hoe diere geslag word vir kos, hoe hulle gebruik word in wetenskaplike navorsing, hoe hulle aangehou word (as troeteldiere, in dieretuine, plase, sirkusse, ens.), en hoe menslike aktiwiteite die welsyn en oorlewing van wilde spesies beïnvloed.

Dierewelsyn was 'n bron van kommer vir sommige antieke beskawings, maar het in die 19de-eeu in Groot-Brittanje begin om 'n groter plek in Westerse openbare beleid in te neem. In die 21ste eeu is dit 'n belangrike fokus van die wetenskap, etiek, en dierewelsynsorganisasies.

Daar is twee vorme van kritiek oor die konsep van dierewelsyn, komende van lynreg teenoorgestelde posisies. Een uitkyk, wat eeue terug dateer, beweer dat diere nie bewus is nie en dus nie in staat is om swak (of goeie) welsyn te ervaar nie. Hierdie, eens dominante, argument is in stryd met die oorheersende siening van moderne neurowetenskaplikes, wat nou oor die algemeen beweer dat diere bewus is, ondanks filosofiese probleme met die definisie van bewussyn, selfs in die mens.[5][6] Sommige hou steeds daarby dat bewussyn 'n filosofiese vraag is wat miskien nooit wetenskaplik opgelos sal word nie.[7]

Die ander siening is gebaseer op die posisie oor diereregte, nl. dat diere nie beskou moet word as eiendom nie en dat enige gebruik van diere deur die mens onaanvaarbaar is. Gevolglik redeneer sommige diereregtevoorstanders dat die persepsie van beter welsyn vir diere voortgesette en verhoogde uitbuiting van diere fasiliteer.[8][9] Sommige owerhede behandel daarom dierewelsyn en diereregte as twee teenoorgestelde posisies.[10][11][12] Ander sien die verhoogde kommer oor die welsyn van diere as toenemende stappe in die rigting van diereregte. Die mees algemene posisie in die Westerse wêreld is 'n praktiese middeweg; die posisie dat dit moreel aanvaarbaar is vir mense om nie-menslike diere te gebruik, op voorwaarde dat die nadelige uitwerking op die welsyn van die diere tot die minimum beperk word.

  1. http://www.humanities.uci.edu/collective/hctr/trans-scripts/2013/2013_03_10.pdf.
  2. Hewson, C.J. (2003). "What is animal welfare? Common definitions and their practical consequences". The Canadian Veterinary Journal. 44 (6): 496–499.
  3. Broom, D.M. (1991). "Animal welfare: concepts and measurement". Journal of Animal Science. 69 (10): 4167–75.
  4. http://media.animalsmatter.org/media/resources/en/en_draft.pdf.
  5. http://fcmconference.org/img/CambridgeDeclarationOnConsciousness.pdf.
  6. https://www.psychologytoday.com/blog/animal-emotions/201208/scientists-finally-conclude-nonhuman-animals-are-conscious-beings.
  7. http://scienceline.org/2015/03/do-animals-have-consciousness/.
  8. Garner, R. (2005). Animal Ethics. Polity Press.
  9. Regan, T. (1983). The Case for Animal Rights. University of California Press.
  10. Francione, G.L. (1996). Rain Without Thunder: The Ideology of the Animal Rights Movement. ISBN 978-1-56639-461-1.
  11. Francione, G. (1995). Animals, Property, and the Law. Temple University Press.
  12. http://www.naiaonline.org/articles/article/what-is-animal-welfare-and-why-is-it-important.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne