Ekspat

Trevor Noah (bo) en Charlize Theron (regs).
Twee bekende Suid-Afrikaanse ekspats, tans in die VSA.

’n Ekspat (Engels: expatriate of expat) is ’n persoon wat tydelik of permanent in ’n ander land as sy of haar geboorteland woon as ’n immigrant. Die woord kom van die Latynse terme ex ("uit") en patria ("vaderland").

Die woord ekspatriasie, of landverhuising, word in die algemeen dikwels gebruik vir professionele of geskoolde werkers wat deur hul maatskappye oorsee gestuur word,[1] mense wat beter werkgeleenthede soek of vir sportlui wat vir oorsese spanne speel.

Ekspatriasie kan ook beteken "verbanning uit die vaderland".

  1. Castree, Noel; Rob Kitchen; Alisdair Rogers. A Dictionary of Human Geography (1 uitg.). Oxford University Press. ISBN 978-0-19-959986-8.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne