Ekwiteit

Ekwiteit is die totale belang gehou deur aandeelhouers in 'n entiteit. Dit is die balanserende syfer op die Balansstaat tussen Bates en Laste. Gewoonlik is die balans van ekwiteit nie gelyk aan die waarde van die onderliggende aandele nie en indien dit gebeur is dit gewoonlik bloot per toeval. Die rede hiervoor is die effek van intern gegenereerde klandisiewaarde wat volgens rekeningkundige standaarde nie as 'n bate erken kan word nie. Die waarde van die aandele word ook deur markomstandighede, risiko's ens. beïnvloed wat nie met ekwiteit in ag geneem kan word nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne