Eloffsdal

Eloffsdal is 'n woonbuurt van Pretoria, sowat 4 km noord van Kerkplein. Die oorspronklike dorpsgebied is aangelê op die oostelike gedeelte van die plaas Daspoort, wat pres. Paul Kruger se skoonseun F.C. (Ryk Freek) Eloff en dié se vrou, Elsie Eloff-Kruger, in 1896 gekoop het en wat na hom genoem is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne