Fossa

Fossa
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
Cryptoprocta

Bennett, 1833
Spesie:
C. ferox
Binomiale naam
Cryptoprocta ferox
Bennett, 1833

Die fossa of fretkat (Cryptoprocta ferox; Malgassies: fosa) is ’n katagtige, karnivore soogdier wat endemies op Madagaskar voorkom. Dit is lid van die Eupleridae, ’n familie van vleisvreters wat na aan die muishond verwant is. Sy wetenskaplike klassifikasie is omstrede omdat hy so baie soos ’n kat lyk, maar ander eienskappe dui op ’n nabye verwantskap aan Viverridae (hoofsaaklik sivette en hul verwante).

Sy klassifkasie, saam met dié van ander Malgassiese karnivore, het hipoteses beïnvloed oor hoeveel keer vleisvretende soogdiere op Madagaskar aangekom het. Met genetiese studies wat wys die fossa en alle ander Malgassiese karnivore is die naaste aan mekaar verwant (en vorm ’n klade, of die familie Eupleridae), word nou geglo karnivore het net een keer na die eiland gekom, sowat 18-20 miljoen jaar gelede.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne