Fotografie

Een van die eerste foto's wat vandag nog bestaan is die "Venster by Le Gras" deur die fotograaf Joseph Nicéphore Niépce. Die beligtingstyd was agt uur, wat verduidelik waarom sonlig aan albei kante van die geboue sigbaar is.

Fotografie is die tegniek om permanente beelde te skep deur lig op fotosensitiewe materiaal vas te vang. Die ligpatrone word vasgevang deur die fotosensitiewe materiaal vir 'n kort oomblik aan die lig bloot te stel. Die proses word uitgevoer deur óf meganiese/chemiese óf digitale toerusting, wat algemeen bekend staan as die kamera.

Die woord fotografie het ontstaan uit die Griekse woorde φως (phos, wat "lig" beteken) en γραφις (graphis, wat stilus of verfkwas beteken). Saam beteken dit "verf met lig". Sonder lig kan daar geen fotografie wees nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne