Gaai

Gaai
Die Eurasiese gaai, die oorspronklike gaai waarna alle ander gaaie genoem is.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genera
  • Garrulus
  • Podoces
  • Ptilostomus
  • Perisoreus
  • Aphelocoma
  • Gymnorhinus
  • Cyanocitta
  • Calocitta
  • Cyanocorax
  • Cyanolyca

Gaaie omvat verskeie spesies mediumgroot, gewoonlik kleurryke en raserige sangvoëls in die kraaifamilie, Corvidae. Hulle is nie ’n monofiletiese groep nie. Anatomiese en molekulêre getuienis bestaan dat hulle in Amerikaanse en Ouwêreldse lyne ingedeel kan word, terwyl die Kanadese gaai van die genus Perisoreus ’n eie groep vorm.[1] Die kuifgaai (Platylophus galericulatus) word tradisioneel hier geplaas, maar sy posisie is onseker; dit lyk nie of dit enigsins tot die kraaifamilie behoort nie.[1]

  1. 1,0 1,1 Ericson, Per G. P.; Jansén, Anna-Lee; Johansson, Ulf S.; Ekman, Jan (Mei 2005). "Inter-generic relationships of the crows, jays, magpies and allied groups (Aves: Corvidae) based on nucleotide sequence data". Journal of Avian Biology. 36 (3): 222–234. doi:10.1111/j.0908-8857.2001.03409.x.http://www.nrm.se/download/18.4e32c81078a8d9249800021299/Corvidae%5B1%5D.pdf PDF fulltext

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne