Ge'ez-skrif

Ge'ez-skrif
Soort skryfstelsel   Abugida
Tyd gebruik 5de-6de eeu v.C. tot hede
Rigting Links na regs
Streek Horing van Afrika
Tale Ge'ez en verskeie tale van Ethiopië en Eritrea
Stelsels
Moederstelsels
Dogterstelsels Amharies en ander Ethiopiese en Eritrese alfabette
ISO 15924 Ethi, 430
Unicode Ethiopic, U+1200–U+137F,
U+1380–U+139F,
U+2D80–U+2DDF,
U+AB00–U+AB2F
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Ge'ez (Ge'ez: ግዕዝ, transliterasie: Gəʿəz) is ’n skrif wat as ’n abugida gebruik word vir verskeie tale van Ethiopië en Eritrea. Dit het aanvanklik ontstaan as ’n abjad vir die skryf van Ge'ez, wat nou ’n liturgiese taal van die Ethiopiese, die Eritrese Ortodokse Kerk en die Beta Israel is.

Die Ge'ez-skrif is aangepas om ander, hoofsaaklik Semitiese tale in Ethiopië en Eritrea te skryf. Sommige ander tale in die Horing van Afrika soos Oromo is ook aanvanklik in die skrif geskryf, maar het later die Latynse alfabet aangeneem. Beide die amptelike tale van Ethiopië en Eritrea, Amharies en Tigrinya, gebruik die Ge'ez-skrif. Daarbenewens word in Ethiopië vir die Koesjitiese taal Afar die Ge'ez-skrif gebruik.

  1. Himelfarb, Elizabeth J. "First Alphabet Found in Egypt", Archaeology 53, uitg. 1 (Jan./Feb. 2000): 21.
  2. Daniels, Peter T.; Bright, William, reds. (1996). The World's Writing Systems. Oxford University Press, Inc. pp. 89, 98, 569–570. ISBN 978-0-19-507993-7.
  3. Gragg, Gene (2004). "Geʽez (Aksum)". In Woodard, Roger D. (red.). The Cambridge Encyclopedia of the World's Ancient Languages. Cambridge University Press. p. 431. ISBN 978-0-521-56256-0.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne