Gold-strand

Troepe van nr. 47 Kommando gaan wal te La Rivière-Saint-Sauveur

Gold strand was een van die vyf strande wat die Geallieerdes gebruik het op D-dag tydens Operasie Overlord tydens die Tweede Wêreldoorlog op 6 Junie 1944. Dit is die middelste van die vyf strande. Britse troepe het hier aan land gegaan.

Teen die einde van D-dag het 25,000 troepe hier aan land gegaan. Die dorpie, Arromanches, een van die eerste dag doelwitte is verower.

Die ander vier strande is Juno, Sword, Omaha en Utah.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne