Hardap

Hardap
Hoofstad: Mariental
Grootste stad: Rehoboth
Webwerf: www.arc.org.na[dooie skakel]
Ligging van Hardap in Namibië
Die Hardap-dam

Hardap is een van die 14 streke van Namibië. Die streek se naam is van die Hardap-dam afgelei. Hardap se hoofdorp is Mariental en die grootste dorp is Rehoboth. In die ooste is Hardap deels in die Kalahari-woestyn geleë en in die weste in die Namibwoestyn. In die weste grens dit aan die Atlantiese Oseaan, in die suide aan ǀǀKaras, in die ooste aan Suid-Afrika en Botswana, en in die noorde aan Erongo, Khomas en Omaheke.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne