Holodomor

Die Holodomor-monument in Washington, DC, wat in 2015 ingewy is, verwys na die Holodomor as 'n "mensgemaakte honger-volksmoord" (man-made famine-genocide)
Monument in Kijif
Gedenkplaket vir die Holodomor-slagoffers in Grand Park, Los Angeles

Die Holodomor (Oekraïens: Голодомор, Holodomor, [ɦolodoˈmɔr], letterlik: "om deur honger dood te maak") was 'n hongersnood wat in die Oekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek in die jare 1932–1933 as gevolg van 'n politieke besluit van die destydse Stalin-bewind gewoed het. Dit bly een van die grootste nasionale rampe in Oekraïne in die moderne geskiedenis wat betrekkinge met die Russiese Federasie steeds vertroebel; daar word beraam dat die aantal sterftes tussen 2,5 en 7,5 miljoen siele beloop[1] – 'n kwart van die totale landelike bevolking.[2] Dit staan ook bekend as die Terreurhongersnood en Hongersnoodvolksmoord in Oekraïne,[3][4][5] en word soms die Groot hongersnood[6] of die Oekraïense volksmoord van 1932–33[7] genoem.

  1. (en) Timothy Snyder, Bloodlands: Europe Between Hitler and Stalin, bl.53 (hij schrijft dat de achterwaartse demografische projectie van 2,5 miljoen te dicht bij het officiële cijfer van 2,4 miljoen extra doden ligt; dit laatste cijfer "moet beduidend onderschat zijn, aangezien vele overlijdens niet werden geregistreerd")
  2. (de) Die Welt, 22 November 2013: «Holodomor»: Stalins brutalstes Mordwerkzeug war der Hunger. Besoek op 28 November 2019
  3. Davies 2006, p. ? id = 4yWin1-ckYgC & pg = PA145 145.
  4. Baumeister 1999, p. 179.
  5. Sternberg & Sternberg 2008, p. id = TFT2l-RH9FIC & pg = PA67 67.
  6. (en) Boriak, Hennadii. Bronne vir die studie van die "groot hongersnood" in die Oekraïne (Cambridge, Massachusetts 2009)
  7. (en) "Oekraïense volksmoord van 1932–1933". Oekraïens volksmoord hongersnood – USA, Inc. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2016. Besoek op 22 November 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne