Instagram

Instagram is 'n gratis mobiele toep en 'n webwerf wat gebruikers toelaat om foto's en video's met 'n speeltyd van tot 60 sekondes met hul volgelinge of met die publiek te deel. Instagram is deel van die Facebook-onderneming. Die foto's en video's kan digitaal gefiltreer en op die sosiale netwerke gedeel word, soos dié van Instagram self. Met 'n video word die speeltyd gewys, maar dit kan nie na 'n spesifieke tyd /deel genavigeer word nie. Die funksionaliteit van die webwerf is meer beperk as dié van die toep. Video's en foto's kan slegs via die toep opgelaai word. Daarbenewens kan 'n lys foto's / video's van 'n rekening slegs in die toep verkry word. Op die webwerf kan die inhoud van 'n rekening slegs in 'n roostervorm vertoon word. Dit is ook nie moontlik om direkte boodskappe via die webwerf na ander rekeninge te stuur nie. In Junie 2011 het Instagram 100 miljoen fotos gehad wat opgelaai is. Dit het gegroei tot 150 miljoen in Augustus 2011, en teen Junie 2013 was daar meer as 16 miljard fotos op die diens. In Oktober 2015 het daar meer as 40 miljard fotos bestaan. Instagram het in Junie 2018 aangekondig dat dit meer as een miljard geregistreerde gebruikers het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne