Internet

Visualisering van 'n gedeelte van die Internet
Getal internetgebruikers volgens lande in 2012
Persentasie internetgebruikers volgens lande in 2015
Internetsensuur en toesig volgens lande in 2017: ██ Deurlopende sensuur en/of toesig ██ Aansienlike sensuur en/of toesig ██ Selektiewe sensuur en/of toesig ██ Min of geen sensuur en/of toesig ██ Nie geklassifiseer nie/geen data nie

Die Internet is ’n wêreldwye stelsel van rekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is en data uitruil met behulp van die gestandaardiseerde TCP/IP-protokolsuite. Dis ’n netwerk van miljoene privaat en openbare rekenaars van akademiese, regerings- en sakenetwerke wat verbind word deur optiese vesel- en koperkabels of verskillende soorte kabellose verbindings.

Die naam "Internet" word gewoonlik in spreektaal gebruik om na die Wêreldwye web te verwys, maar laasgenoemde is slegs een van die talle dienste wat deur die Internet beskikbaar is. Ander sluit in e-pos, lêeroordrag (FTP), geselsdienste en aanlynspeletjies.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne