Karibib

Karibib
Amptelike seël van Karibib
Seël
Karibib is in Namibia
Karibib
Karibib
Koördinate: 21°56′17″S 15°51′16″O / 21.93806°S 15.85444°O / -21.93806; 15.85444
LandVlag van Namibië Namibië
StreekErongo
DistrikKaribib
Stigting11 Julie 1849
Bevolking
 • Totaal3 800
TydsoneUTC+2 (SAST)

Karibib is 'n dorpie in Namibië, 192 km noordwes van die hoofstad, Windhoek, 32 km oos van Usakos en 66 km suid van Omaruru. Die geskatte bevolking in 2010 was 3 800.[1] Dit is aan die Khan-rivier geleë, halfpad tussen Windhoek en Swakopmund aan die B2, die hoofweg tussen die Walvisbaai en Johannesburg. Die stad is bekend vir sy aragoniet marmer steengroef en die Navachab-goudmyn.

  1. "ELECTIONS 2010: Erongo regional profile". New Era. 16 November 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne