Klassisisme

Moet nie verwar word met Klassisme nie.
L'Inspiration du poète (1629) - deur Nicolas Poussin.

Met die term Klassisisme word ʼn stroming in die beeldende kunste en die literatuur aangedui wat die kunsvorme van die Klassieke Oudheid as ideaal beskou het. In 'n enger sin is dit ʼn 17de-eeuse stroming met Frankryk as die bakermat. Die belangrikste verteenwoordigers was die Franse skilder Poussin, die Nederlandse argitek Jacob van Campen en die Franse toneelskrywers Racine en Molière.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne