Kraaiagtiges

Corvidae
Tydperk: 16–0 m. jaar gelede
Middel-Mioseen - tans
’n Blougaai, Cyanocitta cristata.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Corvidae

(Leach, 1820)
Genera

Sien teks.

Verspreiding van die Corvidae.
██ Inheems ██ Bekengestel/herbekendgestel██ Uitgestorwe (ná 1500) ██ Uitgestorwe (voor 1500)
Witborskraai, Corvus albus.
Swartkraai, Corvus capensis
Twee soorte kraaie wat in Suider-Afrika voorkom.

Corvidae, of die Kraaiagtiges, is ’n wydverspreide familie sangvoëls wat die kraai, raaf, roek, gaai, ekster en neutkraker insluit.[1][2][3] Meer as 120 spesies is beskryf. Die genus Corvus, wat kraaie, roeke en rawe insluit, maak meer as ’n derde van die familie uit.

Corvidae toon tekens van noemenswaardige intelligensie vir diere van hul grootte en is van die intelligentste voëls wat tot dusver bestudeer is.[4] Lede van die familie het veral bewys hulle kan hulself in spieëltoetse herken (Eurasiese eksters) en gereedskap maak (kraaie en roeke),[5] vermoëns wat tot onlangs net met die mens en ’n paar ander hoër soogdiere vereenselwig is. Die grootte van hul brein in verhouding tot hul lywe stem ooreen met dié van groot ape en Walvisagtiges, en is net effens laer as dié van mense.[6]

Hulle is middelmatig tot groot, met sterk pote en snawels, haaragtige vere aan die basis van die snawel en ’n enkele ververing per jaar (die meeste sangvoëls verveer twee keer). Corvidae word wêreldwyd aangetref, behalwe aan die suidpunt van Suid-Amerika en die yskappe by die pole.[3] Die meeste spesies kom voor in die tropiese Suid- en Sentraal-Amerika, Suid-Asië en Eurasië, met minder as 10 spesies elk in Afrika en Australasië. Die genus Corvus het na Australië teruggekeer in die relatief onlangse geologiese voorgeskiedenis. Dié land het vyf spesies en een subspesie. Verskeie spesies rawe kom op eilande voor, en van hulle word nou ernstig bedreig of het uitgesterf.

  1. Madge, S.; Burn, H. (1993). Crows and Jays. Helm. ISBN 1-873403-18-6.
  2. Robertson, Don (30 Januarie 2000): Bird Families of the World: Corvidae Geargiveer 28 April 2006 op Wayback Machine. Besoek op 10 Vovember 2007.
  3. 3,0 3,1 Clayton, Nicola; Emery, Nathan (2005). "Corvid cognition". Current Biology. 15 (3): R80–R81. doi:10.1016/j.cub.2005.01.020. PMID 15694292.
  4. Prior, Helmut; Schwarz, Ariane; Güntürkün, Onur (2008). De Waal, Frans (red.). "Mirror-Induced Behavior in the Magpie (Pica pica): Evidence of Self-Recognition". PLoS Biology. 6 (8): e202. doi:10.1371/journal.pbio.0060202. PMC 2517622. PMID 18715117.
  5. "Rooks reveal remarkable tool-use". BBC News (in Engels). 26 Mei 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2019. Besoek op 2 April 2010.
  6. Birding in India and South Asia: Corvidae. Besoek op 10 November 2007

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne