LaGuardia-lughawe

LaGuardia-lughawe
'n Lugfoto van New York se LaGuardia-lughawe
IATA: LGAICAO: KLGA
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar/Operateur Hawe-owerheid van New York en New Jersey
Bedien New York
Ligging East Elmhurst, Queens, New York, Verenigde State
Gebou 1937 – 1939
Spil vir American Airlines
Delta Air Lines
Silver Airways
Fokuspunt vir Southwest Airlines
Hoogte bo seevlak 21 vt / 6 m
Koördinate York 40°46′38.1″N 73°52′21.4″W / 40.777250°N 73.872611°W / 40.777250; -73.872611
Webtuiste laguardiaairport.com
Landkaart
LGA is in New York
LGA
LGA
Ligging binne New York Stad
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
04/22 2 134 7 001 Teer/beton
13/31 2 135 7 003 Teer/beton
Helikopterblaaie
Aantal Lengte Oppervlak
m vt
H1 18 60 Teer
H2 18 60 Teer
Statistieke (2021)
Passasiers 15 601 063
Lugbewegings 175 844[1]
Bron: Federal Aviation Administration

LaGuardia-lughawe (IATA: LGA, ICAO: KLGA) is 'n lughawe wat die Amerikaanse metropool New York bedien. Die lughawe is geleë op die waterfront van Flushing Bay. Die lughawe het eers Glenn H. Curtiss Lughawe geheet na die lugvaartpionier Glenn Hammond Curtiss, daarna het sy naam verander na North Beach Airport en is later vernoem na 'n vorige burgemeester van New York, Fiorello LaGuardia.

In 1960 het die lughawe die eer toegeval as die beste lughawe ter wêreld. LaGuardia is die kleinste van die drie New Yorkse primêre kommersiële lughawens. LaGuardia is baie gewild omdat dit so sentraal geleë is. Die meeste vlugte van LaGuardia af, is na bestemmings binne Amerika en Kanada, sowel as na Aruba, die Bahamas en Bermuda.

In 2021 het die lughawe 175 844 vlugte en 15 601 063 passasiers hanteer. Vanaf 2019 was dit die derde besigste lughawe in die metropolitaanse gebied van New York, na Kennedy- en Newark-lughawens, en die een-en-twintigste besigste in die Verenigde State volgens passasiersvolume.[2]

  1. December 2019 Traffic Report (Report). The Port Authority of New York & New Jersey. http://www.panynj.gov/content/dam/airports/statistics/statistics-general-info/monthly-2019/LGA_DEC_2019.pdf. Besoek op 6 Maart 2020. 
  2. "2019 Airport Traffic Report" (PDF). Port Authority of New York and New Jersey: 29. 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne