Lancasterhuis-ooreenkoms

Die onderhandelinge wat gelei het tot die Lancasterhuis-ooreenkoms het onafhanklikheid aan Rhodesië verleen na Ian Smith se Eensydige Onafhanklikheidsverklaring in 1965. Die Ooreenkoms (wat in Desember 1979 geteken is) het die Onafhanklikheidsgrondwet, pre-onafhanklikheidsooreenkomste en ’n skietstilstand gedek. Die partye wat verteenwoordig is gedurende die kongres was die Britse regering, Patriotiese Front, gelei deur Robert Mugabe en Joshua Nkomo, ZAPU en ZANU en die regering van Zimbabwe-Rhodesië, verteenwoordig deur Abel Muzorewa en Ian Smith. Dit is op 21 Desember 1979 geteken.[1]

  1. (en) Preston, Matthew. Ending Civil War: Rhodesia and Lebanon in Perspective. bl. 25

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne