Libertynisme

Die artikel bespreek die uitdrukking libertynisme (Engels: Libertarianism) soos algemeen verstaan in V.S.A. Die tradisionele Europese term word bespreek onder libertynse sosialisme. Libertynisme soos die term veral in die V.S.A verstaan word, word ook baiekeer in Europa na verwys as libertynse kapitalisme.
Vir gebruik van die uitdrukking in die vrye wil filosofie sien libertynisme (filosofie).

Libertynisme is 'n politiese filosofie wat individuele regte en 'n beperkte regering voorstaan. Libertyne glo dat individue vry moet wees om enigiets te doen soos hulle goed dink, solank as dit wat hulle doen nie inbreuk maak op die gelyke regte van ander nie. In hierdie verband stem hulle saam met baie ander moderne politieke ideologieë. Die verskil kom voor in die definisie van "regte". Vir libertyne bestaan daar geen "positiewe regte" nie (soos die reg tot voedsel, beskutting en gesondheidsorg), slegs "negatiewe regte" (soos om nie aangerand, mishandel of beroof te word nie). Libertyne glo verder dat die enigste geregverdige gebruik van dwang (of geweld), hetsy deur privaat individue of deur die staat, die beskerming van die regte is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne