Malacostraca

Malacostraca
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Malacostraca

Latreille, 1802
Subklasse

Malacostraca (hoër kreefagtiges) is die grootste van die ses biologiese klasse waarin kreefagtiges (skaaldiere) opgedeel word. Die klas bestaan uit ongeveer 40 000 lewende spesies, wat in 16 ordes ingedeel word. Die meeste diere wat in die volksmond kreefagtiges genoem word, soos die tienpotiges (krewe, krappe, garnale), behoort aan die groep.

Malacostraca kom oorvloedig in alle mariene-omgewings voor, en het ook varswater en landelike habitats gekoloniseer. Hulle is gesegmenteerde diere, met 'n liggaam wat uit 20 (selde 21) segmente bestaan, wat in 'n kop, bors en buik verdeel is. In sommige spesies is die kop en bors tot een hegte stuk vergroei.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne