Melaatsheid

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Melaatsheid
Klassifikasie en eksterne bronne
Man van 24 jaar wat aan melaatsheid ly, 19de eeu
Man van 24 jaar wat aan melaatsheid ly, 19de eeu
ICD-10 A30
ICD-9 030
OMIM 246300
DiseasesDB 8478
MedlinePlus   001347
eMedicine med/1281derm/223 neuro/187
MeSH D007918
Mediese waarskuwing

Melaatsheid (leprose) is 'n aansteeklike siekte wat deur die bakterieë, Mycobacterium leprae en Mycobacterium lepromatosis veroorsaak word. Melaatsheid val die perifere senuwee en die slymvliese van die boonste lugweg aan en kom as velletsels voor. Die twee vernaamste variasies van die siekte is Tuberkuloïde leprose en Lepromateuse leprose waarvan laasgenoemde die ernstigste is. Die siekte word nie, soos algemeen geglo word, met die spontane verlies van ledemate geassosieer nie. Ledemate word wel deur die siekte vermink en mag dalk geamputeer word as gevolg van die simptome van die siekte.

Skedel deur melaatsheid vervorm
Voete vervorm deur melaatsheid

Die sosiale stigma wat aan melaatsheid kleef, het in die verlede tot die ontstaan van melaatse kolonies gelei.

Melaatsheid word deur mense versprei en kan deur hoes of kontak met druppeltjies van die neus van 'n geïnfekteerde persoon plaasvind.[1] Die siekte kom meer algemeen voor onder mense wat in armoede leef en word vermoedelik deur respiratoriese druppeltjies oorgedra.[2] Anders as wat geglo word, is dit nie baie aansteeklik nie.[2]

Die mensdom word al vir duisende jare deur melaatsheid geaffekteer.[2] Die siekte se naam is van die Latynse woord lepra afgelei wat "skubberig" beteken. In lande soos Indië,[3] China,[4] en Afrika[5] word mense steeds afgesonder deur hulle in melaatse kolonies te plaas. Die meeste kolonies is egter gesluit aangesien melaatsheid nie baie aansteeklik is nie.[5] Die sosiale stigma wat aan melaatsheid kleef, staan steeds in die pad van selfrapportering en vroeë behandeling.[6] Sommige mense beskou die woord melaats as beledigend en verkies die frase "persone wat deur melaatsheid geaffekteer word".[7] Wêreldmelaatsheiddag is in 1954 ingestel om bewustheid vir melaatsheid te skep.[8]

  1. "Hansen's Disease (Leprosy) Transmission". cdc.gov. April 29, 2013. Retrieved 28 February 2015.
  2. 2,0 2,1 2,2 Suzuki K, Akama T, Kawashima A, Yoshihara A, Yotsu RR, Ishii N (February 2012). "Current status of leprosy: epidemiology, basic science and clinical perspectives.". The Journal of dermatology 39 (2): 121–9. doi:10.1111/j.1346-8138.2011.01370.x. PMID 21973237.
  3. Walsh F (2007-03-31). "The hidden suffering of India's lepers". BBC News.
  4. Lyn TE (2006-09-13). "Ignorance breeds leper colonies in China". Independat News & Media. Retrieved 2010-01-31.
  5. 5,0 5,1 Byrne, Joseph P. (2008). Encyclopedia of pestilence, pandemics, and plagues. Westport, Conn.[u.a.]: Greenwood Press. p. 351. ISBN 978-0-313-34102-1.
  6. "Leprosy Fact sheet N°101". World Health Organization. Jan 2014.
  7. editors, Enrico Nunzi, Cesare Massone, (2012). Leprosy a practical guide. Milan: Springer. p. 326. ISBN 9788847023765.
  8. McMenamin, Dorothy (2011). Leprosy and stigma in the South Pacific : a region-by-region history with first person accounts. Jefferson, N.C.: McFarland. p. 17. ISBN 978-0-7864-6323-7.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne