Memoires

Die titelblad van Henry Thoreau se memoires, Walden (1854).

Memoires (meervoud; via Nederlands uit Frans: mémoires, "herinneringe") is enige niefiktiewe geskrif waarin iemand sy/haar belewenisse opgeteken het.[1] Die gevolgtrekking is dat so ’n verhaal feitelik is. Hoewel memoires sedert die laat 20ste eeu gedefinieer word as ’n subkategorie van biografie of outobiografie, het die genre ’n enger fokus. ’n Biografie of outobiografie vertel die verhaal "van ’n lewe", terwyl memoires dikwels die verhaal van ’n sekere tyd of gebeure vertel, soos keerpunte in die skrywer se lewe.

  1. "Memoires" in die HAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 11 Augustus 2021.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne