Genre

Genre (/ˈʒɒnrə/ of /ˈdʒɒnrə/; vanuit Frans, genre /ʒɑ̃ʁ/, "tipe" of "soort", vanuit Latyn: genus (stam gener-), Grieks: genos, γένος) is die term vir enige kategorie van letterkunde of ander kunsvorms en vermaak, bv. musiek, hetsy geskrewe of gesproke, mondelik of visueel, gegrond op 'n stel stilistiese kriteria. Genres word saamgestel deur konvensies wat met tyd verander soos nuwe genres uitgevind word en die oueres in onbruik verval. Werke val gereeld in veelvuldige genres deur die leen en herkombinering van die konvensies. Genre-teorie is 'n sytak van die kritiese teorie. Genre het afgeskop as 'n absolute klassifikasiestelsel vir Oud-Griekse literatuur. Poësie, prosa en opvoering het 'n spesifieke en berekende styl gehad wat verwant was aan die tema van die storie. Spraakpatrone vir komedie sou nie gepas wees vir tragedie nie, en selfs akteurs was beperk tot hulle genre met die veronderstelling dat 'n sekere tipe persoon beter sou wees daarin om 'n sekere tipe storie te vertel.

In daaropvolgende periodes sou genres groei en ontwikkel in reaksie tot veranderings in die gehore en skeppers. Genre word ook 'n belangrike hulpmiddel vir die publiek om sin te maak uit onvoorspelbare kuns. Aangesien kuns baie maal 'n reaksie is op 'n sosiale toestand, deurdat mense skryf/skilder/sing/dans oor dit wat hulle weet, is die gebruik van genre as hulpmiddel noodsaaklik om aan te pas by die veranderde betekenisse. Om die waarheid te sê het nuwe kunsvorms so ver terug as antieke Griekeland tot stand gekom wat gevra het vir die evolusie van genre, byvoorbeeld die "tragikomedie".

Genre lei aan die selfde gebreke as enige klassifikasiestelsel. Dit is bruikbaar solank onthou word dat dit 'n hulpmiddel is, wat hersien en nagesien moet word, en dat werke op hulle eie meriete geweeg moet word asook hulle plek binne die genre. Dit is al voorgestel dat genres met mense resoneer vanweë die familiariteit, die snelskrifkommunikasie asook die geneigdheid van genres om saam met openbare mores te skuif en die tydsgees te reflekteer. Hoewel die storievertellingsgenre na 'n mindere kunsvorm verplaas is omrede die wesenlike groot lenery uit die konvensies, het aanhang gegroei. Voorstaanders argumenteer dat die karakter van 'n effektiewe genrestuk in die variasie, herkombinering en evolusie van die kodes lê.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne