Kortverhaal

Die kortverhaal is nie soos sy naam aandui, bloot 'n korter verhaal nie; dit is 'n prosawerk met 'n besonder strak bou. In die kortverhaal gaan dit nie soseer om die gebeure nie; dit gaan om karakteronthulling, om die openbaring van 'n bepaalde aspek van die menslike bestaan. Die hoofkarakter word gewoonlik op 'n bepaalde oomblik in sy lewe getoon, waarop hy tot 'n dieper insig in die lewe kom. Die kortverhaal is dramaties eerder as epies.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne