Toneelstuk

'n Vertoning van Macbeth in 2018.

'n Toneelstuk word geskryf deur 'n toneelskrywer of dramaturg en is 'n vorm van die letterkunde wat amper altyd uit dialoog tussen die karakters bestaan. Oor die algemeen is 'n toneelstuk bedoel om opgevoer te word, in plaas van net gelees te word. Baie mense en veral skoliere, sal egter toneelstukke slegs lees of bestudeer, veral meer klassieke toneelstukke soos dié van William Shakespeare. Dus kan die term "toneelstuk" gebruik word om na die geskrewe werke van die toneelskrywers of na die volledige verhoogopvoering te verwys.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne