Micene

Micene
Die Leeupoort by Micene.
Die Leeupoort by Micene.
Plaaslike naam  Μυκῆναι
Μυκήνη
Land Vlag van Griekeland Griekeland
Soort Nedersetting
Geskiedenis
Tydperk Bronstydperk
Kulture Antiek-Grieks
Bewoners Sowat 30 000
Unesco-wêrelderfenisgebied
Tipe Kultureel
Kriteria i, ii, iii, iv, vi
Verwysing 1999 (23ste sessie)
Streek† Europa en Noord-Amerika
Beskrywing* Argeologiese terrein van Micene en Tiryns
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Micene of Mukene (Grieks: Μυκῆναι, Mykēnai, of Μυκήνη, Mykēnē) is ’n argeologiese terrein in Griekeland. Dit is sowat 90 km suidwes van Athene op Noordoos-Peloponnesos. Argos is 11 km suid daarvan en Korinthe 48 km noord.

In die tweede millennium v.C. was Micene een van die belangrikste sentrums van die Griekse beskawing, ’n militêre vesting wat ’n groot deel van Suid-Griekeland oorheers het. Die deel van die Griekse geskiedenis tussen omstreeks 1600 en 1100 v.C. word die Miceense tydperk genoem met verwysings na Micene. Op sy hoogtepunt in 1350 v.C. het die sitadel en onderdorp ’n bevolking van 30 000 gehad en ’n oppervlakte van 32 hektaar.[1]

  1. Chew 2000, p. 220; Chapman 2005, p. 94: "...Thebes at 50 hectares, Mycenae at 32 hectares..."

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne