Mont-Saint-Michel

Le Mont-Saint-Michel
Wapen van Le Mont-Saint-Michel
Wapen
Le Mont-Saint-Michel is in Frankryk
Le Mont-Saint-Michel
Le Mont-Saint-Michel
Koördinate: 48°38′10″N 1°30′41″W / 48.63611°N 1.51139°W / 48.63611; -1.51139
LandVlag van Frankryk Frankryk
Gewes Basse-Normandie
Département Manche
ArrondissementAvranches
KantonPontorson
Stigting708
Regering
 • BurgemeesterÉric Vannier
Oppervlak
 • Totaal0,97 km2 (0,37 vk. myl)
Hoogte
5–80 m (16–260 ft)
Bevolking
 • Totaal44
Poskode
50170
Skakelkodes50353
Webwerfmont-saint-michel.net

Mont-Saint-Michel is 'n abdy, gebou op 'n rotsagtige eiland met 'n oppervlak van 55 000 vierkante meter aan die Normandies-Bretonse kus (département Manche, Frankryk). Die abdy maak deel uit van die gelyknamige dorp in die kanton van Pontorson.

Die berg, wat sedert die jaar 1979 as een van UNESCO se wêrelderfenisgebiede gelys word, is in 1987 tot 'n nasionale historiese monument verklaar. Dit word dikwels met die Sewe wonders van die wêreld vergelyk en is met jaarliks meer as drie miljoen besoekers een van die gewildste toeristebestemmings in Frankryk.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne