Neus

'n Mens se neus.
Olifante het lang neuse, wat slurpe genoem word.

Die neus is 'n deel van die liggaam wat hoofsaaklik deur soogdiere as reukorgaan gebruik word. Die neus help ook die dier om asem te haal. Sekere diere gebruik hul neuse om mee te vat en eet soos bv. olifante.

Verskillende diere neem reuk op verskillende maniere waar. So sal honde se reuksin sterker wees as die van mense.

Die neus bevat klein reseptore wat aan die senustelsel gekoppel is. Hierdie reseptore neem reuk waar wat dan impulse na die organisme se brein stuur. Die organisme kan dan daarop reageer. Iets wat lekker ruik kan die organisme aantrek, terwyl die organisme sal probeer om slegte reuke te vermy.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne