Newton-Raphson-metode

Die Newton-Raphson metode (ook bekend as Newton se metode) is 'n iteratiewe metode wat gebruik word om vergelykings op te los wat andersins baie moeilik of onmoontlik is om algebraïs op te los. Dit is waarskynlik een van die beste en gewildste metodes om opeenvolgend beter benaderings tot die wortels van 'n reëlwaardige funksie te vind. Dié metode konvergeer dikwels verbasend vinnig, veral as die iterasie naby aan die verlangde wortel begin. Ongelukkig is dit ook waar dat dié metode vinnig kan wegbeweeg vanaf die verlangde wortel as die eerste iterasie ver van die wortel af begin het. Goeie algoritmes wat die metode insluit bevat daarom gewoonlik 'n metode om konvergensieprobleme op te spoor.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne