Niemetaal

’n Niemetaal of nie-metaal in chemie is ’n chemiese element wat min eienskappe van metale het. Hulle is gewoonlik baie vlugtig, het ’n klein mate van elastisiteit en is goeie niegeleiers van hitte en elektrisiteit. Wat chemiese eienskappe betref, het hulle ’n hoë ionisasie-energie en elektronegatiwiteitswaardes, en hulle kry elektrone by of deel hulle wanneer hulle reageer met ander elemente of verbindings. Altesaam 17 elemente word gewoonlik as niemetale geklassifiseer (regs in swart rame aangedui); die meeste is gasse (waterstof, helium, stikstof, suurstof, fluoor, neon, chloor, argon, kripton, xenon en radon); een is ’n vloeistof (broom) en ’n paar is vastestowwe (koolstof, fosfor, swael, seleen en jodium).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne