Nouakchott

'n Straattoneel in Nouakchott, Mauritanië

'Nouakchott'
Nouakchott


Die Nouakchott-moskee
Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Mauritanië Mauritanië
 Koördinate 18°06′N 15°57′W / 18.100°N 15.950°W / 18.100; -15.950
 Stigting 1958
 Hoofstadstatus 1960
 Oppervlakte:  
 - Totaal 1 000 vk km
 Hoogte bo seevlak 5 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2010) 890 000
 - Bevolkingsdigtheid 890/vk km
 Tydsone UTC +0
 - Somertyd Geen
 Klimaat Kus
 Burgemeester (party) Didi Ould Bounaama

Nouakchott (Arabies: نواكشوط, Berbies: Nawākšūṭ (plek van winde)[1]) is die hoofstad van Mauritanië en het 'n bevolking van 881 000 gehad in 2008 met 'n oppervlakte van 1 000 km². Dit is by verre die grootste stad en het ook die tweede grootste hawe in die land.

Nouakchott was maar 'n klein vissersdorpie van 200 mense tot in 1958. Sy gematigde klimaat en die gerieflike plasing van Nouakchott aan die Atlantiese Oseaankus is teen die einde van die Franse koloniale tydperk gekies om 'n dorp te vestig, 'n hoofstad vir die land wat onafhanklikheid te wagte was. Teen onafhanklikheid in 1960 was die bevolking nog steeds in die vier-syfer-reeks; maar deur landelik-stedelike migrasie as 'n gevolg van die ekonomiese krisis en droogtes in die 1970's en 1980's, het die bevolking sederdien opgeskiet tot meer as 890 000 in 2010, grootliks onbepland. Die meeste van die nuwelinge bly ver van die beplande Westerse-styl besigheidsentrum in ruim oop gebiede, meestal in goedkoop hotelle en kwartiere met onvoldoende infrastruktuur op alle gebiede.

  1. "Mauritania" (in Japannees). OTAL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2018. Besoek op 8 Julie 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne