Onderbewussyn

Die onderbewussyn of onbewuste is die prosesse in die brein wat outomaties gebeur en nie beskikbaar is vir introspeksie nie. Dit sluit in denkprosesse, herinneringe, belangstellings en motiverings.[1] Hoewel dié prosesse ver onder die vlak van die bewussyn bestaan, het hulle in teorie ’n uitwerking op gedrag.

Daar is bewyse dat onbewuste verskynsels onderdrukte gevoelens, outomatiese vaardighede, onbewuste waarnemings en outomatiese reaksies insluit,[1] en moontlik ook komplekse, verskuilde fobies en begeertes.

Die begrip is gewild gemaak deur die Oostenrykse neuroloog en psigoanalis Sigmund Freud. In psigoanalitiese teorie word onbewuste prosesse regstreeks verteenwoordig in drome, Freudiaanse glipse en grappe.

Die onderbewussyn kan dus beskou word as die bron van drome en outomatiese denke (denke sonder enige opsigtelike rede), die bewaarplek van vergete herinneringe (wat steeds later deur die bewussyn opgeroep kan word) en die roete van implisiete kennis (dit wat ons so goed geleer het dat ons dit doen sonder om te dink).

Verskynsels wat met die halfbewuste brein te doen het, sluit in wakker word, implisiete herinneringe, onderbewuste boodskappe, beswymings, hipnagogie en hipnose. Hoewel slaap, slaapwandelary, drome, ylings en komas kan lyk soos die teenwoordigheid van onbewuste prosesse, word hulle beskou as simptome eerder as die onderbewussyn self.

Sommige kritici twyfel aan die bestaan van die onderbewussyn.

  1. 1,0 1,1 Westen, Drew (1999). "The Scientific Status of Unconscious Processes: Is Freud Really Dead?". Journal of the American Psychoanalytic Association. 47 (4): 1061–1106. doi:10.1177/000306519904700404. PMID 10650551.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne