Oos-Wes-skisma

Die Oos-Wes-skisma is die skeuring van die oorspronklike Christelike Kerk van die Romeinse Ryk in twee afsonderlike kerke: die Oosters-Ortodokse Kerk in die ooste en die Rooms-Katolieke Kerk in die weste. Hoewel 1054 gewoonlik genoem word as die datum van die skeuring, toe pous Leo IX en patriarg Michael Caerularius van Konstantinopel mekaar geëkskommunikeer het, was die skeuring tussen oos en wes eintlik die eindresultaat van ’n eeue lange periode van vervreemding tussen die twee Kerke.

Die skeuring word ook die Oosterse Skisma of Groot Skisma van 1054 genoem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne