Optimisme

Half vol of half leeg?

Optimisme (van Latyn optimum wat “die beste” beteken) verwys streng gesproke, of ten minste oorspronklik, na 'n wêreldbeskouing of lewenswyse waarin daarna gestreef word om in die beste van alle moontlike wêrelde te leef. Vandag word die konsep oor die algemeen in 'n swakker sin verstaan wat neerkom op 'n geloof in 'n goeie uitkoms. Elke terugslag of negatiewe toedrag van sake word in die lig van die positiewe toekomsverwagting beskou. Die teenoorgestelde lewensbeskouing van optimisme is die pessimisme.

Die meeste godsdienste, in besonder die monoteïstiese godsdienste, is met 'n hoop op verlossing, baiekeer gekoppel met die van 'n voortbestaan van die lewe na die dood van die materiële liggaam, en daardeur met optimisme besiel. 'n Moderne weergawe hiervan is die geloof in vooruitgang.

'n Wêreldse vorm van die optimisme word op die effektebeurs aangetref: spekulasie op stygende effekte pryse. Die wat daarop wed, behoort tot die "Bulle" teenoor "Bere" wat glo dat die mark gaan val.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne