Palingagtiges

Anguilliformes
Anguilla rostrata
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Anguilliformes

Subordes

Anguilloidei
Congroidei
Nemichthyoidei
Synaphobranchoidei

Palingagtiges (Anguilliformes) is 'n vis-orde wat hoort tot die klas Actinopterygii. Palings is visse met 'n verlengde liggaam wat in die see of in varswater voorkom. Slegs visse wat tot die orde Anguilliformes behoort, kan as palings beskou word.

Ander visse wat 'n soortgelyke voorkoms hel, is bloot visse wat weens hul aanpassing by 'n ooreenstemmende habitat 'n soortgelyke vorm aangeneem het. Palings behoort tot die klas Osteïchthyes (Beenvisse), die superorde Teleostei en die orde Anguilliformes. Oorspronklik is die ordenaam Apodes gebruik, maar die orde het visse ingesluit wat nie ware palings is nie. Teenswoordig word die orde Anguilliformes in 4 subordes verdeel en ongeveer 19 families, 140 genera en meer as 500 spesies palings is bekend.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne