Parmesaan

Parmesaan
Ander name  Parmigiano-Reggiano
Oorsprong  Vlag van Italië Italië
Melkbron  Koeie
Eienskappe
Gepasteuriseer  Nee
Tekstuur  Hard
Vorm  Wiele
Veroudering  Minstens 12 maande
Vecchio: 18-24 maande
Stravecchio: 24-36 maande
Voedingswaarde (per 100 g)
Vetinhoud  25,83 g
Proteïen  35,75 g
Koolhidrate  3,22 g
Vitamiene  A, B1 B2, B3, B6, B12, C,
D, E, K
Energie  1 640 kJ

Permesaan is ’n harde, korrelrige kaas wat sy oorsprong in Italië het. Dit word ook parmesaanse kaas genoem. Die naam word dikwels vir soortgelyke kase gebruik, hoewel dit onwettig is in lidlande van die Europese Ekonomiese Gebied.[1]

Die naam Parmigiano-Reggiano (IFA: /ˌparmiˈdʒaːno redˈdʒaːno/) is afgelei van die streke waarin die kaas tradisioneel gemaak word en mag net na kaas uit dié streke verwys. Buite die Europese Unie mag die naam "parmesaan" wettig gebruik word vir soortgelyke kase, maar nie "Parmigiano-Reggiano" nie.

Dit is al die "koning van kase" genoem.[2]

  1. Case C-132/05 Commission v Germany Geargiveer 21 Februarie 2016 op Wayback Machine European Commission Legal Service, Julie 2008
  2. "Most Parmesan Cheeses in America Are Fake, Here's Why". Forbes (in Engels). 19 November 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 13 Mei 2015. ... that it has earned the nickname in the dairy industry, 'The King of Cheeses.'

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne