Plant

Plante
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
(geen rang): Diaphoretickes
(geen rang): Archaeplastida
Koninkryk: Plantae
sensu Copeland, 1956
Superdivisies
Sinonieme
  • Viridiplantae Cavalier-Smith 1981[1]
  • Chlorobionta Jeffrey 1982, emend. Bremer 1985, emend. Lewis and McCourt 2004[2]
  • Chlorobiota Kenrick and Crane 1997[3]
  • Chloroplastida Adl et al., 2005 [4]
  • Phyta Barkley 1939 emend. Holt & Uidica 2007
  • Cormophyta Endlicher, 1836
  • Cormobionta Rothmaler, 1948
  • Euplanta Barkley, 1949
  • Telomobionta Takhtajan, 1964
  • Embryobionta Cronquist et al., 1966
  • Metaphyta Whittaker, 1969

Plante is hoofsaaklik meersellige, fotosintetiese eukariote van die koninkryk Plantae. Dit bestaan uit meer as 300 000 spesies, wat organismes insluit soos bome, blomme, kruie en varings.

Adiantum pedatum ('n varing).

Aristoteles het alle lewende dinge in twee groepe ingedeel: "plante", wat gewoonlik nie beweeg of orgaansintuie het nie, en "diere", wat wel beweeg en sintuie het. Alle alge en swamme is dus ook as plante beskou. Joseph Priestley het 21 eeue later die rol van plante by die asemhaling en die uitwisseling van die gasse suurstof en koolstofdioksied bestudeer. Dit is sedertdien duidelik dat plante se belangrikste kenmerk is dat hulle die vermoë het om energie van sonlig vir fotosintese te benut.[5] Moderne klassifikasies sluit die swamme en sommige van die alge uit, sowel as die prokariote (die Archaea en bakterieë). Die klade Viridiplantae (Latyn vir "groen plante") sluit die bedeksadiges, naaldbome en ander naaksadiges, varings en hulle verwante, horingblad, lewermosse, mosse en die groenalge in, maar sluit die rooi- en bruinalge uit.

Groen plante verkry die meeste van hulle energie van sonlig deur fotosintese deurdat primêre chloroplaste verkry word uit endosimbiose met sianobakterieë. Hulle chloroplaste bevat chlorofil a en b, wat hulle hulle groen kleur gee. Sommige plante is parasiete en het die vermoë verloor om normale hoeveelhede chlorofil te vervaardig of te fotosintetiseer. Plante word gekenmerk deur seksuele voortplanting en generasiewisseling, hoewel aseksuele voortplanting ook algemeen is.

Tussen 260 000 en 290 000 van die sowat 320 000 plantspesies vervaardig sade.[6] Groen plante verskaf ’n aansienlike deel van die wêreld se molekulêre suurstof,[7] en vorm die basis van die meeste ekostelsels. Plante wat graan, vrugte en groente vervaardig, verskaf ook basiese kos aan die mens en word al millenniums lank gedomestiseer. Plante word ook gebruik as ornamente en skryf- en boumateriaal, en vir medisyne. Die wetenskaplike bestudering van plante staan bekend as plantkunde of botanie, ’n tak van biologie.

  1. Cavalier-Smith, T. (1981). "Eukaryote kingdoms: Seven or nine?". BioSystems. 14 (3–4): 461–481. doi:10.1016/0303-2647(81)90050-2. PMID 7337818.
  2. Lewis, L.A.; McCourt, R.M. (2004). "Green algae and the origin of land plants". American Journal of Botany. 91 (10): 1535–1556. doi:10.3732/ajb.91.10.1535. PMID 21652308.
  3. Kenrick, Paul; Crane, Peter R. (1997). The origin and early diversification of land plants: A cladistic study. Washington, D.C.: Smithsonian Institution Press. ISBN 978-1-56098-730-7.
  4. Adl, S.M. et al. (2005). "The new higher level classification of eukaryotes with emphasis on the taxonomy of protists". The Journal of Eukaryotic Microbiology. 52 (5): 399–451. doi:10.1111/j.1550-7408.2005.00053.x. PMID 16248873. S2CID 8060916.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  5. "innominatesociety" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2017. Besoek op 12 Julie 2017.
  6. "Numbers of threatened species by major groups of organisms (1996–2010)" (PDF). International Union for Conservation of Nature. 11 Maart 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Julie 2011. Besoek op 27 April 2011.
  7. Field, C.B.; Behrenfeld, M.J.; Randerson, J.T.; Falkowski, P. (1998). "Primary production of the biosphere: Integrating terrestrial and oceanic components". Science. 281 (5374): 237–240. Bibcode:1998Sci...281..237F. doi:10.1126/science.281.5374.237. PMID 9657713. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2018. Besoek op 10 September 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne