Proksemika

Proksemika of nabyheidsleer is die studie van die menslike gebruik van ruimte en die gevolge wat bevolkingsdigtheid op gedrag, kommunikasie en sosiale interaksie het.[1]

Proksemika is een van die verskillende subkategorieë in die studie van nie-verbale kommunikasie, waaronder haptiek (aanraking), kineties (liggaamsbeweging), vokalisasie (parataal) en chronemiek (struktuur van tyd) ook geklassifiseer is.

Edward T. Hall, die kulturele antropoloog wat die term in 1963 uitgedink het, omskryf proksemika as "die interverwante waarnemings en teorieë van die mens se gebruik van ruimte as 'n gespesialiseerde uitbreiding van kultuur". In sy boek, wat die grondslag vir die studieveld van proksemika gevorm het, The Hidden Dimension (Die verborge dimensie) het Hall die impak van proksemiese gedrag (die gebruik van ruimte) op interpersoonlike kommunikasie in oënskou geneem. Volgens Hall is die studie van proksemika waardevol in die evaluering van nie net die manier waarop mense met ander in hul daaglikse lewe omgaan nie, maar ook 'die organisering van ruimte in [hul] huise en geboue, en uiteindelik die uitleg van [hul] dorpe'.[2] Proksemika bly 'n verborge komponent van interpersoonlike kommunikasie; waarneming van menslike interaksie lei tot groter begrip van die studieveld, en dit word ook sterk deur kultuur beïnvloed word.

  1. "Proxemics". Dictionary.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2015. Besoek op 14 November 2015.
  2. Hall, Edward T. "A System for the Notation of Proxemic Behavior". {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne