Psigopatie

Psigopatie (of sosiopatie) word tradisioneel gedefinieer as ’n persoonlikheidsteuring wat gekenmerk word deur langdurige antisosiale gedrag, min empatie en berou, asook ongeïnhibeerde of vreeslose optrede. Dit kan ook gedefinieer word as ’n persoonlikheidsaspek wat in ’n groot verskeidenheid kombinasies in mense in die algemeen voorkom. Die definisie van psigopatie het deur die geskiedenis aansienlik verander; verskillende definisies word steeds gebruik wat net gedeeltelik oorvleuel en mekaar soms weerspreek.[1]

Die Amerikaanse psigiater Hervey M. Cleckley se navorsing oor psigopatie het waarskynlik die aanvanklike kriteria vir antisosiale persoonlikheidsteuring in die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings (DSM) beïnvloed, so ook dié van die Amerikaanse sielkundige George E. Partridge oor sosiopatie. Die DSM en Internasionale Klassifikasie van Siektes (ICD) het die diagnose "antisosiale persoonlikheidsteuring" en "dissosiale persoonliheidsteuring" opgeneem; volgens hulle is voorheen daarna verwys as psigopatie of sosiopatie.[1][2][3][4] Die Kanadese sielkundige Robert D. Hare het later die begrip psigopatie in kriminologie weer gewild gemaak met sy Psychopathy Checklist.[1][5]

Hoewel geen psigiatrie- of sielkunde-organisasie ’n diagnose soos psigopatie goedkeur nie, word die beoordeling van psigopatiese karaktertrekke algemeen gebruik in die regstelsel van verskeie lande, en dit kan aansienlike gevolge inhou vir individue wat beoordeel word.[5] Die term word ook algemeen deur die publiek gebruik, asook in media en fiksie.[6]

  1. 1,0 1,1 1,2 Skeem, J. L.; Polaschek, D. L. L.; Patrick, C. J.; Lilienfeld, S. O. (2011). "Psychopathic Personality: Bridging the Gap Between Scientific Evidence and Public Policy". Psychological Science in the Public Interest. 12 (3): 95–162. doi:10.1177/1529100611426706.
  2. Patrick, Christopher (2005). Handbook of Psychopathy. Guilford Press. ISBN 978-1-60623-804-2.
  3. Andrade, Joel (23 Maart 2009). Handbook of Violence Risk Assessment and Treatment: New Approaches for Mental Health Professionals. New York, NY: Springer Publishing Company. ISBN 978-0-8261-9904-1. Besoek op 5 Januarie 2014.
  4. "Dissocial Personality Disorder". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2013. Besoek op 19 Junie 2014.
  5. 5,0 5,1 "Hare Psychopathy Checklist". Encyclopedia of Mental Disorders (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2019. Besoek op 4 September 2013.
  6. Delisi, Matt; Vaughn, Michael G.; Beaver, Kevin M.; Wright, John Paul (2009). "The Hannibal Lecter Myth: Psychopathy and Verbal Intelligence in the MacArthur Violence Risk Assessment Study". Journal of Psychopathology and Behavioral Assessment. 32 (2): 169–77. doi:10.1007/s10862-009-9147-z.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne