Samarium

62 prometiumsamariumeuropium
-

Sm

Pu
Algemeen
Naam, simbool, getal samarium, Sm, 62
Chemiese reeks lantaniede
Groep, periode, blok 3, 6, f
Voorkoms silwerwit metaal
Atoommassa 150,36 (1) g/mol
Elektronkonfigurasie [Xe] 4f66s2
Elektrone per skil 2, 8, 18, 24, 8, 2
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) 7,52 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p. 7,16 g/cm³
Smeltpunt 1345 K
(1072 °C)
Kookpunt 2173 K
(1900 °C)
Smeltingswarmte 8,62 kJ/mol
Verdampingswarmte 192 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 29,54 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 k
teen T/K 1 001 1 106 1 240 (1 421) (1 675) (2 061)
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur romboëdries
Ruimtegroep R3  nommer: 166
Strukturbericht-kode C19
Oksidasietoestande 1, 2, 3, 4
(matige basiese oksied)
Elektronegatiwiteit 1,17 (Skaal van Pauling)

Samarium is 'n chemiese element wat tot die lantaniede behoort.

Samarium is 'n silwerwit metaal. Dit is in 1879 deur Paul-Émile Lecoq de Boisbaudran ontdek. Die mineraal samarskiet, waaruit samarium die eerste keer geïsoleer is, is vernoem na kolonel Samarsky, 'n Russiese mynbeampte. [1]

Die metaal is relatief stabiel by kamertemperatuur in droë lug, maar dit ontbrand wanneer dit bo 150 °C verhit word en vorm 'n oksiedbedekking in klam lug. Soos europium het samarium 'n relatief stabiele oksidasietoestand (II).[2]

Samarium is die vyfde volopste van die lantaniede en is byna vier keer so algemeen as tin. Dit word nooit vry in die natuur gevind nie, maar is vervat in baie minerale, insluitend monasiet, bastnäsiet en samarskiet. Samariumbevattende ertse word gevind in die VSA, China, Brasilië, Indië, Australië en Sri Lanka. Wêreldproduksie van samariumoksied is ongeveer 700 ton per jaar en wêreldwye reserwes word op ongeveer 2 miljoen ton geraam.[2]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named RSC
  2. 2,0 2,1 "Samarium". Lenntech.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne