Saudia

Saudia
Arabies: السعودية
IATA ICAO Roepteken
SV SVA SAUDIA
GestigSeptember 1945 (1945-09)
Hoofspille
Koning Abdoelaziz Int. Lughawe (Djedda)
  • Koning Khalid Int. Lughawe (Riyad)
  • Koning Fahd Int. Lughawe (Dammam)
LojaliteitsprogramAl Fursan Loyalty
AlliansieSkyTeam, SkyTeam Cargo
SubsidiêreFlyadeal
Vlootgrootte151
Bestemmings93
HouermaatskappyRegering van Saoedi-Arabië
HoofkantoorDjedda, Saoedi-Arabië
SleutelpersoneSaleh Aljasser (Voorsitter)
Ibrahim Alomar (Algemene Direkteur)[1]
Ibrahim Alkoshy (HUB)
Webwerfwww.saudia.com

Saudia (Arabies: السعودية as-Suʿūdiyyah), voorheen bekend as Saudi Arabian Airlines, is die vlagdraer van Saoedi-Arabië, gebaseer in Djedda.[2][3] Die lugredery se hoofbedryfsbasis is by die Koning Abdoelaziz Internasionale Lughawe in Djedda. Koning Khalid Internasionale Lughawe in Riaad en Koning Fahd Internasionale Lughawe in Dammam is sekondêre spilpunte. Die lugredery is die derde grootste in die Midde-Ooste wat inkomste betref, na Emirates en Qatar Airways.[4]

Dit bedryf binnelandse en internasionale geskeduleerde vlugte na meer as 100 bestemmings in die Midde-Ooste, Afrika, Asië, Europa en Noord-Amerika. Binnelandse en internasionale huurvlugte word bedryf, meestal gedurende die Ramadan- en Hadj-seisoene. Dit het op 29 Mei 2012 by die SkyTeam-alliansie aangesluit en het die eerste Persiese Golf-lugredery geword wat by een van die drie groot lugrederyalliansies aangesluit het. Saudia is ook 'n lid en een van die stigters van die Arabiese Lugdiensorganisasie.[5]

  1. "Saudi Airlines entrusts Sami Sindi with the duties of the General Manager". News1. Besoek op 28 Oktober 2019.[dooie skakel]
  2. Hofmann, Kurt (20 Januarie 2017). "Saudia outlines 2017 fleet delivery plan". Air Transport World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Januarie 2017. Saudi Arabia's national carrier Saudia will take delivery of 30 aircraft this year, according to a Jan. 17 statement.
  3. "Saudi Arabian Airlines Ground Services Company: Private Company Information". Businessweek. Besoek op 3 September 2012.
  4. Reed Business Information Limited. "Airline Business top 100 airlines rankings – Middle East". Besoek op 24 April 2015. {{cite web}}: |last= has generic name (hulp)
  5. "AACO | Member Airlines". AACO: Arab Air Carriers Organization (in Engels). Besoek op 30 Desember 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne