Skip

Die skip Queen Elizabeth 2
'n Tenkskip

'n Skip is 'n groot voertuig wat gebruik word om op water te reis. Dit is groter as 'n boot. Skepe word vir vervoer, reis, handel en oorlogvoering gebruik.

Die belangrikste kenmerk van 'n skip is sy dryfvermoë, wat by waterverplasende skepe, die mees algemene skeepsvorm, deur die romp gelewer word. Die dryfvermoë word beïnvloed deur die vrag van die skip, en word aangedui deur die Plimsoll-lyn. Hierdie konstruksie sorg vir die sterkte en waterdigte afsluiting van 'n skip. Ander belangrike kenmerke is dat die skip homself moet kan voortbeweeg en gestuur kan word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne