Sluitspier

’n Sluitspier of sfinkter is ’n silindriese spier wat gewoonlik ’n hol orgaan afsluit. Dit trek saam en ontspan as ’n normale deel die fisiologiese werking van die liggaam.

Sluitspiere kom in baie diere voor; daar is meer as 60 soorte in die menslike liggaam – sommige is mikroskopies klein, veral die miljoene wat in ons haarvatstelsel voorkom.[1] Wanneer iemand sterf, ontspan die sluitspiere en kan so vloeistof deurlaat.[2]

  1. Vander, Arthur; Sherman, James; Luciano, Dorothy (1994). Human Physiology: The Mechanism of Body Function (6de uitg., Internasionale Uitgawe). McGraw Hill, Inc. pp. 437–440. ISBN 0-07-113761-0.
  2. http://www.medscape.com/viewarticle/716463_5

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne