Stiebeuel

’n Moderne stiebeuel wat in uithouperdritte gebruik word.

’n Stiebeuel is ’n ligte raamwerk of ring wat met leerbande aan die saal van ’n rydier soos ’n perd vas is en waarin die voete van ’n ruiter rus.[1] Daar is gewoonlik twee stiebeuels, wat gebruik word om die ruiter se voete te ondersteun, terwyl een gebruik word as vastrapplek wanneer die ruiter die rydier bestyg.[2] Die stiebeuels verhoog in ’n groot mate die ruiter se vermoë om in die saal te bly en die rydier te beheer, en dit maak die dier nuttig op gebiede soos vervoer, kommunikasie en oorlogvoering.

  1. "Stirrup". Encyclopædia Britannica (11de) 25. (1911). Cambridge University Press. 928–929. 
  2. "Merriam-Webster Online, "Stirrup", definition 1". Merriam-Webster Online Dictionary. 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne