Stillewe

Jan Brueghel the Elder (1568-1625), Ruiker (1599). Sommige van die vroegste voorbeelde van 'n stillewe is skilderye van blomme deur die Vlaamse Renaissance-skilders. Stillewe-skilderye (insluitend vanitas), is 'n spesifieke genre, wat sy grootste betekenis in die Goue Era bereik het.
Juan Sanchez Cotán, Stillewe met Groente en Vrugte (1602), Museo del Prado Madrid

'n Stillewe (meervoud: stillewes) is 'n kunswerk wat tipies alledaagse/natuurlike voorwerpe uitbeeld, (kos, blomme, dooie diere, plante, klippe, skulpe). Dit kan ook lewelose/mensgemaakte onderwerpe wees (glase, boeke, vase, juweliersware, muntstukke, pype).[1]

Die oorsprong van hierdie kuns het begin by die Middeleeue en die Antieke Grieks-Romeinse tyd, stillewes het as 'n afsonderlike genre tot stand gekom. 'n Voordeel van die stillewe kunsvorm is dat dit die kunstenaar toelaat om te eksperimenteer met verskillende rangskikkings terwyl verskillende verftegnieke ook 'n opsie is. Stillewe, as 'n bepaalde genre, het by Vlaamse skilderye van die 16de en 17de eeu begin en die woord stillewe is afgelei van die Nederlandse woord stilleven. Vroeë stillewe skilderye, spesifiek voor 1700, het meestal godsdienstige en allegoriese simboliek gedra met betrekking tot die keuse van voorwerpe in die skildery. Later is stillewe kunswerke gemaak met 'n verskeidenheid mediums en tegnologie, soos foto's, rekenaar grafika, asook video -en klankmateriaal.

Stillewe behels ook die skilder van dooie diere, veral wilde diere. Lewendige diere word as dierekuns beskou, alhoewel hulle ook meestal geverf word vanaf dooi modelle. Omdat stillewes plante en diere insluit as 'n onderwerp, is die stillewe kategorie ook deel van botaniese illustrasies. Alhoewel, met visuele of fyn kuns, is die onderwerp nie daaraan onderworpe om korrek geïllustreer te word nie.

Stillewe het die laagste rang beklee in die hiëragie van genres, maar is uiters gewild onder kopers. Gewoonlik is die beelde in 'n stillewe ten doel gestel om iets van die lewe uit te beeld.[2] Die trompe-l'œil skildery is 'n gespesialiseerde tipe styl van stillewe, waar lewelose plat voorwerpe gewoonlik die onderwerp is en die kunswerk is so realities gedoen dat dit die kyker kan mislei.[3]

  1. Langmuir, 6
  2. Langmuir, 13–14
  3. Langmuir, 13–14 and preceding pages

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne